Junior Produksiebestuurder: Pekanneute
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende pekanboerdery in die Nylstroom-distrik, is op soek na ’n energieke, verantwoordelike en leergierige Junior Produksie / Plaasbestuurder om deel te vorm van hul bestuurspan.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n jonger kandidaat wat reeds oor ’n goeie praktiese basis in boerdery of permanente gewasse beskik en hom-/haarself verder wil ontwikkel binne ’n professionele, goed gestruktureerde en groeiende boomgewas omgewing. Die suksesvolle kandidaat sal nou saamwerk met senior bestuur en waardevolle blootstelling ontvang aan die daaglikse bestuur van produksie, personeel, besproeiing, boordontwikkeling en algemene plaasaktiwiteite.
Die hoof fokus van die rol is ’n gevestigde 70 ha pekanboord, waarvan die oudste bome reeds 13 jaar oud is. Die boord sal oor die volgende drie jaar verder ontwikkel, verfyn en geoptimaliseer word totdat dit sy volle produksiepotensiaal bereik. Hierdie pos bied dus aan die regte kandidaat die geleentheid om ’n betekenisvolle bydrae te lewer tot ’n boerdery met ’n duidelike langtermynvisie.
Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike kwalifikasie in Landbou, Hortologie of ’n verwante veld, wat voordelig sal wees, tesame met 2 tot 5 jaar relevante praktiese ondervinding, verkieslik in boomgewasse, boorde of ander permanente gewasse. Ondervinding in die bestuur van daaglikse produksie-aktiwiteite, personeeltoesig, rekordhouding en die handhawing van hoë werkstandaarde sal sterk in aanmerking geneem word.
Bogenoemde ervaring, tesame met ’n praktiese ingesteldheid, goeie menseverhoudinge, die vermoë om verantwoordelikheid te aanvaar, sterk aandag aan detail en ’n opregte bereidwilligheid om verder te leer en te groei, sal jou goed posisioneer vir hierdie geleentheid.
Sleutelverantwoordelikhede sluit in:
- Daaglikse bestuur van die pekanboord en ondersteuning met die res van die plaas se bedrywighede
- Toesig oor personeel en die effektiewe uitvoering van daaglikse take en projekte
- Beplanning en monitering van boordaktiwiteite, plantgesondheid en algemene netheid
- Bestuur en opvolg van besproeiing, bemesting, onkruidbeheer en spuitprogramme
- Oesbeplanning en ondersteuning met die praktiese uitvoering van die oesproses
- Akkurate rekordhouding en verslagdoening van produksie- en operasionele data
- Instandhouding en toesig oor infrastruktuur, implemente en toerusting
- Samewerking met senior bestuur ten opsigte van produksieteikens, ontwikkeling en kwaliteitstandaarde
Minimum vereistes:
- Toepaslike Landbou- of Hortologiese kwalifikasie sal voordelig wees
- 2 tot 5 jaar relevante praktiese ondervinding
- Ondervinding in boomgewasse, boorde of permanente gewasse sal voordelig wees
- Vermoë om personeel te bestuur, te motiveer en take doeltreffend op te volg
- Goeie administratiewe en rekordhoudingsvermoë, met basiese rekenaarvaardigheid
- Praktiese ingesteldheid
- Geldige bestuurslisensie; ’n wapenlisensie sal voordelig wees
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat nie bloot op soek is na ’n volgende werk nie, maar wat werklik ’n loopbaan binne ’n gevestigde en professionele landbou-omgewing wil bou. Die rol bied waardevolle praktiese blootstelling aan ’n gevestigde pekanboord wat nog verder ontwikkel en verfyn word, asook die geleentheid om onder ervare leiding te groei in bestuursverantwoordelikheid en tegniese kundigheid.
Vir die regte persoon bied hierdie pos die geleentheid om mettertyd saam met die boerdery te ontwikkel tot ’n meer senior bestuursrol. Dit is ’n besonder aantreklike langtermyngeleentheid vir iemand wat graag deel wil wees van ’n vooruitstrewende onderneming wat doelgerig werk aan die bou van ’n winsgewende en goed bestuurde spogplaas vir die toekoms.
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, behuising, selfoon- en rekenaartoelaag, aantreklike oesbonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 18 Mei 2026
Indien jy ’n toegewyde individu is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]