Rekenmeester

Rekenmeester picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Maatskappy in die Burgersfort distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n ervare, sterk en dinamiese Rekenmeester wat direk aan die Finansiële-/Hoofbestuurder sal rapporteer.

Die ideale kandidaat het ‘n passie vir Landbou, is ‘n BCom/BCom Rek gegradueerde, met voltooide SAIPA/SAIGR-artikels (aanbeveel) en meer as 3 jaar ondervinding as Boekhouer of Rekenmeester of Finansiëlebeampte met werkende kennis van Inkomstebelasting en BTW, asook rekeningkundige transaksies tot en met die opstel van finansiëlestate.

Ondervinding in Landbou rekeningkundige praktyke (veral binne die Sitrusbedryf), ‘n loonprogram, arbeidswetgewing en belasting sal in jou guns tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou Rekenaarvaardigheid in Microsoft Office en rekeningkundige sagteware, bo-gemiddelde analitiese vaardighede, eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe, eerlikheid, betroubaarheid en hoë werksetiek met ‘n positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Opstel van verslae vir Finansiële/Hoofbestuurder
  • Voorraadopname, rekonsiliasie en verbruik van pakmateriaal
  • Opstel van begrotings
  • Finansiële stelsel, bankrekonsiliasie en indien van opgawes
  • Behulpsaam met maandelikse bestuur van rekeninge en finansiële jaarstate
  • Behulpsaam met Finansiële jaareinde en oudit
  • Krediteure/Debiteure rekonsiliasies en betalings voorbereiding
  • Verseker dat die onderneming aan al sy statutêre en nakomingsverpligtinge voldoen

Hierdie is 'n geleentheid met die potensiaal vir groei.

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp