Assistent Plaasbestuurder: Veeboerdery
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde veeboerdery in die Middelburg-distrik in die Oos-Kaap, bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong, energieke en leergierige kandidaat wat sy loopbaan in bees- en skaapkuddebestuur wil bou.
Hierdie pos is ideaal vir ’n enkelpersoon wat aan die begin van sy landbouloopbaan staan en bereid is om prakties betrokke te wees, verantwoordelikheid te neem en onder leiding verder te ontwikkel. Die suksesvolle kandidaat hoef nie reeds jare se ondervinding te hê nie, maar moet oor die regte ingesteldheid, werksetiek en persoonlike eienskappe beskik om in ’n praktiese plaasomgewing te groei.
Die boerdery is opsoek na ’n persoon wat betroubaar, hardwerkend, oplettend en nederig genoeg is om te leer, maar terselfdertyd die dryfkrag het om verantwoordelikheid met tyd te aanvaar.
Minimum Vereistes:
- 0 tot 2 jaar praktiese ondervinding in bees- en/of skaapboerdery
- Tersiêre landboukwalifikasie sal voordelig wees, maar is nie ’n vereiste nie
- Goeie praktiese aanleg en bereidwilligheid om fisies betrokke te wees
- Opregte belangstelling in vee, dieregesondheid en kuddebestuur
- Betroubare, eerlike en verantwoordelike persoonlikheid
- Bereidwilligheid om te leer en instruksies noukeurig uit te voer
- Goeie waarnemingsvermoë en aandag aan detail
- Tegnies en meganies aangelê
- Geldige bestuurslisensie
Sleutelverantwoordelikhede:
- Daaglikse ondersteuning met bees- en skaapbestuur
- Monitering van vee se kondisie, gesondheid en algemene welstand
- Hulp met enting, dosering, merk, speen en ander kuddeverwante take
- Ondersteuning tydens lam- en kalfseisoene
- Hantering van vee op ’n rustige, verantwoordelike en praktiese wyse
- Hulp met kampe, heinings, waterpunte en algemene plaasinstandhouding
- Uitvoering van opdragte volgens die boerdery se standaarde en roetines
- Noukeurige terugvoer aan bestuur oor enige probleme of waarnemings
- Bereidwilligheid om saam met die span te werk en praktiese ervaring op te bou
Ideale Kandidaat:
Die ideale kandidaat is ’n jong, enkel persoon met ’n sterk belangstelling in veeboerdery en die potensiaal om met tyd in ’n groter bestuursrol in te groei. Hy moet leerbaar, lojaal, prakties en selfgedissiplineerd wees, met die vermoë om vroeg verantwoordelikheid te aanvaar en homself binne ’n professionele boerdery-omgewing te bewys.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat nie bloot werk soek nie, maar ’n loopbaan in bees- en skaapbestuur wil bou.
’n Mededingende salaris, eie aan die bedryf, gratis behuising, medies- en pensioenvoordele, en ’n voertuig vir werkdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 21 Junie 2025
Belangstellende kandidate wat aan die bogenoemde vereistes voldoen en hulself binne ’n praktiese veeboerdery-omgewing wil vestig, word uitgenooi om aansoek te doen deur die skakel: 👉 [aansoek]