Junior Verkoopsverteenwoordiger: Landbouchemikalieë en Saad
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde landbou-onderneming wat spesialiseer in die bemarking en verkope van landbouchemikalieë en saad , is opsoek na ’n energieke, selfgedrewe en verhoudingsgerigte Junior Verkoopsverteenwoordiger om verantwoordelikheid te neem vir verkope, kliënteverhoudinge en markontwikkeling in die Mieliedriehoek van die Vrystaat.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n jonger kandidaat met goeie landbou-insig, sterk menseverhoudinge en die vermoë om onder leiding en met ondersteuning verder te ontwikkel binne ’n kommersiële verkoopsrol.
Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike Landbou- of Bemarkingskwalifikasie (aanbeveel), het 3 – 5 jaar relevante ondervinding binne landbouverkope of ’n verwante omgewing, is rekenaarvaardig en beskik oor ’n geldige bestuurslisensie.
Bogenoemde ervaring, tesame met jou goeie kommunikasievermoë, natuurlike aanvoeling vir kliëntediens, sterk administratiewe dissipline, positiewe ingesteldheid en bereidheid om te leer en te groei, sal jou goed posisioneer vir hierdie rol.
Hoofverantwoordelikhede:
- Bou en onderhou goeie verhoudinge met bestaande en potensiële kliënte
- Ondersteun die groei van verkope binne die aangewese area
- Bevorder en verkoop landbouchemikalieë, saad en verwante produkte volgens kliënte se behoeftes
- Stel kliënte op hoogte van produkontwikkelings, promosies en relevante markinligting
- Help met die beplanning en uitvoering van demonstrasies, proewe en velddae
- Volg kliëntegeskiedenis en verkoopsaktiwiteite op om herhalingsbesigheid te bevorder
- Identifiseer nuwe sakegeleenthede en ontwikkelende behoeftes in die mark
- Lewer insette oor kliënteterugvoer, produkprestasie en marktendense
- Dokumenteer kliëntinteraksies, verkoopsaktiwiteite en relevante data akkuraat
- Werk volgens die strategieë, doelwitte en beleid van die maatskappy
- Bou professionele netwerke binne die landbougemeenskap
- Handhaaf en ontwikkel tegniese en professionele kennis van produkte en die mark
Minimum vereistes:
- Toepaslike Landbou- of Bemarkingskwalifikasie sal voordelig wees
- 3 – 5 jaar relevante ondervinding in landbouverkope of ’n verwante veld
- Ondervinding met landbouchemikalieë, saad of ander landbou-insette sal voordelig wees
- Goeie kommunikasie- en onderhandelingsvermoë
- Sterk administratiewe en rekenaarvaardighede
- Geldige bestuurslisensie
- Bereidheid om te reis binne die area van verantwoordelikheid
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 26 April 2026
’n Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.
Indien jy oor die nodige ervaring en passie beskik, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]