Ketelmaker / Elektrisiën / Meulmaker

Ketelmaker / Elektrisiën / Meulmaker picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Bethlehem-distrik in die Vrystaat, is op soek na ’n praktiese, betroubare en veelsydige Ketelmaker / Elektrisiën / Meulmaker om by hul span aan te sluit.

Hierdie pos is ideaal vir ’n tegnies sterk kandidaat wat gemaklik is in ’n praktiese plaas- en werkswinkelomgewing, en wat verantwoordelikheid kan neem vir instandhouding, herstelwerk, foutopsporing en algemene tegniese ondersteuning op die plaas.

Die ideale kandidaat sal oor goeie praktiese ondervinding beskik in ketelmakerwerk, sweiswerk, staalwerk, elektriese herstelwerk, meganiese instandhouding en algemene foutopsporing. ’n Gekwalifiseerde ambagsman sal voorkeur geniet, ons sal ook ’n sterk semi-geskoolde kandidaat met bewese praktiese ondervinding oorweeg.

Minimum Vereistes

  • Praktiese ondervinding as Ketelmaker, Elektrisiën, Meulmaker of semi-geskoolde ambagsman
  • Ondervinding in sweiswerk, staalwerk, herstelwerk en algemene instandhouding
  • Goeie meganiese aanleg en probleemoplossingsvermoë
  • Basiese tot goeie elektriese kennis sal sterk aanbeveel word
  • Ondervinding met pompe, motors, implemente, toerusting en plaasinfrastruktuur sal voordelig wees
  • Vermoë om selfstandig te werk en take verantwoordelik af te handel
  • Sotho-sprekend sal tot die kandidaat se voordeel wees
  • Moet betroubaar, hardwerkend en prakties ingestel wees

Sleutelverantwoordelikhede

  • Ketelmakerwerk, sweiswerk en algemene staalvervaardiging
  • Meganiese herstelwerk en instandhouding aan toerusting, pompe, motors en implemente
  • Elektriese foutopsporing en basiese tot algemene elektriese herstelwerk
  • Algemene werkswinkel- en plaasinstandhouding
  • Herstel en instandhouding van plaasimplemente, toerusting, strukture en infrastruktuur
  • Voorkomende instandhouding en tydige afhandeling van herstelwerk
  • Ondersteuning met tegniese probleme op die plaas en in die werkswinkel
  • Samewerking met bestuur en personeel om stilstand te beperk en toerusting operasioneel te hou

Die ideale kandidaat is ’n praktiese, selfstandige en oplossingsgerigte persoon met ’n sterk tegniese aanleg. Hy moet gemaklik wees om met sy hande te werk, foutopsporing te doen en verantwoordelikheid te neem vir die netjiese en tydige afhandeling van tegniese take.

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n gekwalifiseerde of sterk semi-geskoolde ambagsman wat stabiliteit soek binne ’n gevestigde landbou-omgewing.

’n Mededingende salaris word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Sluitingsdatum: 18 Junie 2026

Kandidate met die nodige ervaring wat hulself binne ’n praktiese, verantwoordelike en groei-georiënteerde boerdery sien, kan aansoek doen deur die skakel.👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp