Kleinveebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en dinamiese boerdery in die Hofmeyer/Steynsburg distrik in die Ooskaap, is opsoek na ’n ervare, praktiese en toegewyde "Stockman" / Kleinveebestuurder met ’n sterk passie vir vee om die boerdery se veelvuldige veevertakkings professioneel, winsgewend en volhoubaar te bestuur.
Hierdie pos vereis ’n praktiese veeman wat daagliks betrokke is by kuddebestuur, dieregesondheid en veldbestuur, en wat met ’n eienaarskapmentaliteit na die vee omsien.
Die Ideale Kandidaat
Die geskikte kandidaat beskik oor 5 - 10 jaar bewese ondervinding as ’n praktiese veeman met ’n sterk rekord in kuddebestuur.
Voorkeur sal gegee word aan ’n kandidaat wat ervaring het in:
• Kommersiële Skaapboerdery
• Beeste
• Boerbokke
• Angorabokke
• Voerkraalbestuur
Verder beskik die kandidaat oor:
• ’n Sterk praktiese kennis van dieregedrag en kuddebestuur
• Die vermoë om dieregesondheid en kondisie akkuraat te monitor
• Ervaring met reproduksiebestuur en lam-/kalfseisoene
• Goeie weidings- en veldbestuurspraktyke
• Die vermoë om arbeid te bestuur en spanwerk te bevorder
• Goeie organisasie- en kommunikasievaardighede
Die ideale kandidaat is getroud (aanbeveel) en beskik oor ’n sterk werksetiek, dissipline en verantwoordelikheidsin.
Sleutelverantwoordelikhede
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die praktiese en operasionele bestuur van alle veevertakkings, insluitend:
• Daaglikse kuddebestuur en monitering van diere
• Dieregesondheid en voorkomende bestuur
• Reproduksiebestuur (paring, lam- en kalfseisoene)
• Voeding, lekprogramme en kondisiemonitering
• Weidings- en veldbestuur
• Voerkraalbestuur
• Beplanning en uitvoering van produksieprogramme
Addisionele verantwoordelikhede sluit in:
• Effektiewe arbeidsbestuur en spanleiding
• Instandhouding van infrastruktuur en toerusting
• Plaassekuriteit en netheid
• Brandvoorkoming en brandbestuur
• Samewerking met die eienaar in die implementering van produksiestrategieë
Markverwante salaris eie aan die bedryf, netjiese behuising, slagskaap per maand, krag, water en 'n werksvoertuig word aangebied
Diensaanvaarding: Onmiddelik
Aansoeke sluit: 4 Mei 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Kleinveebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]