Krediteure- en Debiteureklerk

Krediteure- en Debiteureklerk picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Swartwater-distrik in Limpopo, is op soek na ’n noukeurige, betroubare en selfgedrewe krediteure- en debiteureklerk om die finansiële administrasie rondom rekeningkunde, fakturering, betalings en rekonsiliasies professioneel te hanteer.

Die ideale kandidaat het matriek geslaag, het 'n rekeningkundige kwalifikasie (aanbeveel), 3–5 jaar toepaslike ondervinding in krediteure en debiteure (landbou- of soortgelyke omgewing voordelig), bewese ervaring met Xero rekeningkundige sagteware (vereiste) en goeie werkende kennis van:

  • Krediteure (fakture, state, betalings, rekonsiliasies)
  • Debiteure (fakturering, invordering, ouderdomsontledings)
  • Bank-/kontantboek en basiese rekonsiliasies
  • Rekenaarvaardig (Excel – minimum intermediêr)
  • Sterk administratiewe, kommunikasie- en opvolgvermoë
  • Betroubaar, diskreet en detail-gefokus

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, integriteit, netjies en sistematiese werkswyse wie streng spêrdatums kan haal, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verwerking en kontrole van krediteurfakture, bestellings en afleweringsdokumente
  • Rekonsilieer krediteurstate en hanteer navrae met verskaffers
  • Voorbereiding en verwerking van betalings volgens interne prosesse
  • Debiteurefakturering, uitreiking van dokumentasie en opvolg op uitstaande rekeninge
  • Opstel en bestuur van ouderdomsontledings (debtors age analysis)
  • Basiese bankrekonsiliasies en kontantboekverwerking waar nodig
  • Liasseer, data-opdaterings en algemene kantoor-/finansiële administrasie
  • Samewerking met bestuur/boekhouer/eksterne rekenmeester waar van toepassing

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp