Kweker: Blomme
Ons kliënt, ’n gevestigde diverse boerdery in Limpopo, is opsoek ’n toegewyde en praktiese Kweker om verantwoordelikheid te neem vir die Blomme-afdeling van die boerdery.
Die ideale kandidaat het 'n relevante tersiêre kwalifikasie in Tuinbou/Landbou of relevante kursusse met meer as 5 jaar ervaring in blomkweek óf groenteproduksie in tonnels/kweekhuise en 'n goeie begrip van plantvoeding, besproeiing en plaag-/siektebeheer met ervaring in gehaltebeheer en markstandaarde.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, detailgedrewe met ’n sterk fokus op kwaliteit en konsekwentheid, vermoë om ’n span te lei en mense te ontwikkel, goeie administrasie- en rekordhoudingsvaardighede, sien ons uit na jou aansoek.
Sleutelverantwoordelikhede
- Daaglikse operasionelebestuur met fokus op opbrengs, kwaliteit en produksieskedules
- Plantgesondheid
- Besproeiing- en voedingsbestuur
- Plaag- en siektebeheer
- Monitering van klimaatbeheer
- Bestuur van oes, sortering, verpakking en gehalte-standaarde (koueketting waar van toepassing)
- Logistiekebestuur
- Spanbestuur
- Bestuur van voorraad (chemikalieë, kunsmis, groeimedia, verpakkingsmateriaal) en basiese kostebeheer
- Handhaaf GAP/voedselveiligheid, biosekuriteit en werkplekveiligheid (PPE en prosedures)
- Administrasie en rekordhouding: spuitrekords, arbeid, produksiedata
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 28 Februarie 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf met gratis behuising
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar