Leerling Hommeltuigvlieënier (Drone Pilot)

Leerling Hommeltuigvlieënier (Drone Pilot) picture

Ons kliënt, ’n vooruitstrewende landbou-onderneming in die Baltimore-distrik in Limpopo, is op soek na ’n jong, gemotiveerde kandidaat met ’n passie vir tegnologie en ’n droom om ’n gekwalifiseerde Hommeltuigvlieënier te word.

Die regte persoon sal ’n gretige leerder wees met goeie dissipline, verantwoordelikheid en ’n opregte liefde vir drone-vlieg en presisie-werk. Opleiding en kursusfooie word deur die kliënt gedek, jy bring die ingesteldheid en ywer.

Die ideale kandidaat het matriek geslaag (vereiste), betroubaar, verantwoordelik en veiligheidsbewus wie instruksies kan volg en akkuraat werk

Die kandidaat sal eers opleiding ontvang en onder toesig praktiese ervaring opdoen. Na suksesvolle voltooiing van opleiding sal die kandidaat verantwoordelik wees vir die boerdery se drone-bedrywighede op aangeplante lande, insluitend:

Pligte:

  • Alle drone-gebaseerde beheer op lande (bv. monitering, inspeksies en presisie-toepassings soos vereis)
  • Drone-toediening van bemesting (waar van toepassing)
  • Beplanning en uitvoering van vlugte volgens die boerdery se vereistes, instruksies en veiligheidsprosedures
  • Basiese rekordhouding/verslagdoening van vlugte, areas en toepassings
  • Sorg vir drone-toerusting: netheid, kontrolelyste, basiese instandhouding en veilige berging
  • Werk nou saam met die plaasbestuur- en produksiespan om tydige en akkurate uitvoering te verseker

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus, mediese bydrae en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp