Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Melkboerdery in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, het 'n opwindende geleentheid beskikbaar vir 'n leergierige en raakvat Leerling Melkerybestuurderes om die Eienaar by te staan in die optimale, volhoubare, koste effektiewe en winsgewende bestuur van die Melkery.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 1 - 5 jaar ondervinding met kennis van KI en Delpro wat in jou guns sal tel.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, rekenaargeletterdheid, uitstekende leierseienskappe, jou ingesteldheid op netheid en goeie kommunikasievermoë met goeie menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir iemand wat die nodige kennis en vaardighede as wegspringplek het, en sal ons kliënt werkverwante opleiding gee soos en indien nodig.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 18 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf en gratis behuising word aangebied
Aansoeke word slegs deur hierdie skakel (link) aanvaar