Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Levubu Vallei in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke en leergierige Leerlingboer om praktiese opleiding in Boomgewasse te ondergaan en die Produksiebestuurder by te staan om die Produksie-eenheid effektief, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat beskik verkieslik oor ‘n pas voltooide Tersiêre of Sekondêre kwalifikasie, is in die ouderdomsgroep 18 tot 21 jaar, het 'n voorliefde vir die landbou en die langtermyn doelwit om te ontwikkel in ‘n kundige Produksiebestuurder.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende administrasie- en rekenaarvaardigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentaliteit met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Fokus onderrig areas en pligte sluit onder andere die volgende in:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 10 September 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel(link) aanvaar