Leerlingboer (2 Poste)
Ons kliënt, ’n gevestigde kommersiële boerdery in die Bethal-distrik, is op soek na twee praktiese, hardwerkende en betroubare Leerlingboere wat graag hulself in die landbou wil bewys en ontwikkel.
Hierdie poste is geskik vir jong individue wat bereid is om van onder af te leer, hande vuil te maak en deel te word van ’n boerdery waar daar met dissipline, verantwoordelikheid en trots gewerk word. Die suksesvolle kandidate sal blootstelling kry aan die daaglikse praktyk van ’n kommersiële boerdery en sal onder leiding van ervare bestuurders opgelei en ontwikkel word.
Minimum vereistes:
- Opregte belangstelling in landbou en boerdery
- Bereid om lang ure te werk wanneer die seisoen dit vereis
- Fisies fiks en gewoond aan praktiese werk
- Betroubaar, stiptelik en bereid om instruksies te volg
- Positiewe gesindheid en ’n sterk werksetiek
- Vermoë om in ’n span te werk
- Vorige blootstelling aan plaaswerk sal sterk in jou guns tel
Verantwoordelikhede:
- Algemene plaaswerk en ondersteuning van die dag-tot-dag bedrywighede
- Ondersteuning met vee, infrastruktuur en algemene instandhouding waar nodig
- Hantering en versorging van toerusting en werkareas
- Uitvoering van take volgens instruksie en boerderystandaarde
- Leer van praktiese boerderyprosesse en verantwoordelike werkswyses
- Handhawing van orde, netheid en dissipline in die werkplek
Die regte kandidate moet bereid wees om te leer, verantwoordelikheid te aanvaar en hulself oor tyd te ontwikkel tot waardevolle spanlede binne ’n professionele boerdery-opset. Hierdie is nie net ’n werk nie, maar ’n geleentheid vir iemand wat werklik ’n toekoms in die landbou wil bou.
Diensaanvaarding: So hou as moontlik
Aansoeke sluit: 28 April 2026
’n Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.
Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]