Leerlingboer
Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Harrismith distrik in die Vrystaat, het 'n geleentheid vir 'n energieke, leergierige en raakvat Leerlingboer om die Eienaar by te staan in die daaglikse operasionele bedrywighede van die Boerdery.
Die ideale kandidaat het matriek (vereiste) en/of 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), wie leergierig is ,netjies op self en werk, stiptelik en gedrewe.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou meganiese aanleg en jou ambisie om suksesvol te groei in jou Loopbaan, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Ondersteun in die daaglikse operasionele bedrywighede
- Handel take doeltreffend en netjies af
- Effektiewe arbeidsbenutting
- Lei deur en volg voorbeeld
- Plaassekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd.
So, as jy tussen18 tot 24 jaar oud is, 'n matrieksertifikaat en/of tertiêre landboukwalifikasie het, 'n bo-gemiddelde liefde vir landbou en die buitelewe het met 'n sterk werksetiek, positiewe gesindheid en 'n bereidwilligheid om te leer, sien ons uit na jou aansoek.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 Desember 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar