Leerlingboer
Ons kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende boerdery in die Bethal-distrik, is op soek na ’n individu met ’n sterk werksetiek en ’n passie vir landbou om deel te word van ’n praktiese leer- en ontwikkelingspad.
Die ideale kandidaat is leergierig, het matriek (landbou-agtergrond/landbouvakke aanbeveel), praktiese blootstelling aan boerdery (aanbeveel), 'n bestuurslisensie en is iemand wat wil groei deur te leer en hard te werk.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou respek vir mense, diere, toerusting en prosedures, iemand wat instruksies kan volg, maar ook inisiatief neem en 'n aktiewe spanspeler is met goeie kommunikasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte en Verantwoordelikhede (Opleidingsfokus)
- Opleiding en blootstelling in onder andere:
- daaglikse plaasroetines en algemene werkskedulering
- veehantering
- voer, water, kraalwerk, tel, gesondheid/waarneming (waar van toepassing)
- gewasse/voergewasse
- plant/onkruidbeheer/besproeiing/oes-ondersteuning (waar van toepassing)
- basiese instandhouding
- pompe, pype, heinings, waterstelsels, algemene herstelwerk
- veiligheidsprosedures en netjiese rekordhouding (waar toepaslik)
- biosekuriteit
- toerustingversorging en eenvoudige masjinerie-ondersteuning
Hierdie is 'n ideale geleentheid om te groei binne ’n gestruktureerde ontwikkelingspad in 'n omgewing waar werk met trots, netjies en eienaarskapmentaliteit verrig word
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 8 Maart 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar