Leerlingboer
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde Melkplaas in die Bethlehem-distrik, is op soek na ’n praktiese, hardwerkende en leergierige Leerlingboer wat graag ’n langtermynloopbaan wil vestig en ontwikkel.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong kandidaat met ’n opregte belangstelling in boerdery, wat bereid is om van onder af te leer, hande vuil te maak en homself/haarself oor tyd te bewys binne ’n gestruktureerde en hoë-standaard boerdery-omgewing. Die suksesvolle kandidaat sal nou saamwerk met ervare bestuur en blootstelling kry aan die daaglikse funksionering van ’n moderne suiwelonderneming, insluitend kuddebestuur, voeding, melk, kalfversorging, diergesondheid en algemene plaasaktiwiteite.
Die pos is ideaal vir iemand wat nie net ’n werk soek nie, maar wat werklik ’n toekoms in die landbou wil bou en bereid is om deur praktiese betrokkenheid, dissipline en toewyding te groei.
Minimum Vereistes:
- Opregte belangstelling en passie vir landbou
- Bereidwilligheid om prakties te werk en hande vuil te maak
- Fisies fiks en bereid om die ure en eise van ’n melkboerdery te hanteer
- Betroubare, stiptelike en verantwoordelike werksetiek
- Goeie houding, dissipline en ’n sterk bereidwilligheid om te leer
- Vermoë om instruksies noukeurig uit te voer en goed in spanverband te funksioneer
- Vorige blootstelling aan vee, melkbeeste of algemene plaaswerk sal voordelig wees
- Geldige bestuurslisensie is 'n vereiste
Sleutelverantwoordelikhede:
- Algemene ondersteuning met die daaglikse bestuur van die melkboerdery
- Hulp met melkprosedures en die handhawing van melkhigiëne en netheid
- Ondersteuning met voeding, water en algemene versorging van die kudde
- Hulp met kalfversorging en basiese veehantering
- Assistentie met monitering van dieregesondheid en algemene welstand
- Ondersteuning met algemene instandhouding, netheid en orde op die plaas
- Uitvoering van take volgens bestuursinstruksies en boerderystandaarde
- Leer en toepassing van goeie praktyke binne ’n kommersiële suiwelopset
Hierdie geleentheid bied aan die regte kandidaat die kans om praktiese ervaring op te doen binne ’n gevestigde boerdery, onder leiding van ervare bestuur te ontwikkel, en mettertyd ’n waardevolle rolspeler binne die breër boerderyspan te word. Ons soek ’n kandidaat met die regte ingesteldheid, nederigheid om te leer, en die werksetiek om stap vir stap in die bedryf te groei.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 15 Julie 2026
Indien gereed is vir ’n geleentheid om te leer, sien ons uit na jou aansoek deur die skakel: 👉 [aansoek]