Vlieënier
Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Oos Vrystaat, is opsoek na ‘n ervare vastevlerk Vlieënier om by hulle Span aan te sluit.
Die ideale kandidaat het beduidende vliegondervinding op vastevlerk, het 'n geldige Vlieënierlisensie (PPL) met Instrumentgradering (IR), is goed vertroud met vliegtuigstelsels, aerodinamika, weer, regulasies en beskik oor uitmuntende besluitnemings-, probleemoplossings- en interpersoonlike vaardighede.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir Landbou, eienaarskapmentaliteit en goeie menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Voer voor-vluginspeksies uit om die veiligheid van die vliegtuig te verseker.
- Berei vlugplanne voor en dien in
- Bedien die vliegtuig in ooreenstemming met Lugvaartregulasies
- Monitor weerstoestande en pas vlugplanne aan waar nodig
- Verseker die veiligheid en gerief van passasiers en bemanningslede
- Voer noodprosedures uit indien nodig
- Handhaaf kommunikasie met lugverkeersbeheer tydens vlugte
- Voltooi vlugverslae, insluitend noemenswaardige voorvalle en enige vereiste vliegtuigonderhoud
- Handhaaf professionele standaarde en bly op hoogte van bedryfstendense en regulasies.
Hierdie is nie 'n "Charter" Vlieënier geleentheid nie, en die suksevolle kandidaat sal ook betrokke wees by die Boerdery, en sal Boerdery ondervinding in Applikante se guns tel.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 10 Desember 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar