Melkery- en Kuddebestuurder

Melkery- en Kuddebestuurder picture

Ons kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Frankfort distrik in die Vrystaat, het 'n opwindende geleentheid beskikbaar vir 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Eienaar by te staan in die optimale, volhoubare, koste effektiewe en winsgewende bestuur van die Melkery.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), meer as 3 jaar ondervinding, 'n bewese rekord van suksevolle Kunsmatige Inseminasie met resultate en 'n ervare Dragtigheidsondersoeker met werkende kennis van 'n Melkerybestuurprogram wat in jou guns sal tel.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, meganiese aanleg, rekenaargeletterdheid, uitstekende leierseienskappe, jou ingesteldheid op netheid en higiëne, goeie kommunikasievermoë met goeie menseverhoudinge, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algemene Kuddebestuur
    • Weiding- en Voedingbestuur
    • Kuddegesondheid
      • Pro-aktief en Re-aktief
    • Reproduksiebestuur
      • KI
      • Dragtigheidsondersoeke
    • Kalwerbestuur
  • Melkstalprosedures
    • Higiëne en Netheid
    • Uiergesondheidspraktyke
  • Onderhoud en instandhouding van Melkmasjiene en ander toerusting/infrastruktuur
  • Voldoening aan Industrie Standaarde
  • Akkurate administrasie en rekordhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 5 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied

Aansoeke word slegs deur hierdie skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp