Meulebestuurder

Meulebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Middelburg distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Meulebestuurder om verantwoordelik te wees vir die produktiewe, optimale, koste-effektiewe, volhoubare en winsgewende bestuur van die Boerdery se Meule.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie, is op datum met die nuutste prosesse en toerusting en het uitstekende leierseienskappe met die vermoë om die beste in mense uit te bring binne 'n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik, trots en met 'n eienaarskapmentaliteit gedoen word.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou werkende kennis van veiligheid- en kwaliteitstelsels, jou eienaarskapmentaliteit en vermoë om onafhanklik effektief te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag bedrywighede van die Meule
  • Monitor en beheer prestasie en deursetdoeltreffenheid
  • Streng bestuur rondom bates, voorraad en kostes
  • Voer onderhoudskontroles uit, koördineer masjiendoeltreffendhied en bestuur stilstand om produksieverlies te beperk
  • Lei en mentor personeel om verantwoordbaarheid en spanwerk te bevorder
  • Voldoening aan veiligheid, kwalitiet en ander statutêre regulasies
  • Bevorder gesonde arbeidsverhoudinge
  • Verslagdoening

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, 13de tjek en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp