Millwright / Dieselwerktuigkundige
Ons kliënt, ’n gevestigde gemengde boerdery i die Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is op soek na ’n praktiese en tegnies vaardige Millwright / Dieselwerktuigkundige om verantwoordelikheid te neem vir die stoor, trekkers en algemene tegniese onderhoud binne hulle graanafdeling.
Hierdie is nie ’n plaasbestuurder-pos nie, maar ’n praktiese tegniese rol vir ’n persoon wat vaardig is met herstelwerk, instandhouding en foutopsporing om te verseker dat toerusting en infrastruktuur betroubaar funksioneer, veral gedurende kritieke seisoene.
Die ideale kandidaat is ’n selfstandige, praktiese probleemoplosser met ’n sterk tegniese aanleg en die vermoë om verantwoordelikheid te neem vir toerusting en infrastruktuur op die plaas.
Minimum Vereistes
- Bewese ervaring met John Deere trekkers is ’n sterk vereiste
- Praktiese kennis van dieselwerktuigkunde en/of millwright-werk
- Ervaring met herstel en onderhoud van landboutoerusting
- Basiese kennis van ’n landbou-omgewing sal tot voordeel wees
- Vermoë om selfstandig te werk en verantwoordelikheid te neem
- Sterk praktiese probleemoplossingsvermoë
- Hoë vlak van betroubaarheid, werksetiek en verantwoordelikheid
Sleutelverantwoordelikhede
- Bestuur en organisasie van die stoor en verwante stoorman-pligte
- Herstel en onderhoud van trekkers en plaas toerusting
- Algemene meganiese en tegniese onderhoud op die plaas
- Foutopsporing en herstel van toerusting wanneer probleme voorkom
- Verseker dat toerusting in werkende toestand bly, veral gedurende produksie- en seisoenale piektye
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n praktiese en tegnies vaardige persoon wat daarvan hou om met sy hande te werk en ’n sleutelrol te speel om ’n graanboerdery se toerusting en infrastruktuur operasioneel te hou.
Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]