Onderdelebemarker

Onderdelebemarker picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Onderneming in Kimberley, is opsoek na ‘n gedrewe, energieke en pro-aktiewe Onderdele Bemarker.

Die ideale kandidaat het Matriek, 2 - 5 jaar kennis en ervaring in die verkope van Grondverskuiwings- en Vragmotor onderdele, het goeie administratiewe vermoë, is rekenaarvaardig, goeie kommunikasie vaardighede op alle vlakke van die organisasie met goeie interpersoonlike verhoudinge en analitiese vermoë.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende verkoops- en bemarkingsvaardighede, tegniese/meganiese kennis (ideaal) en jou vermoë om effektief onder druk te kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Lewer uitstekende kliëntediens en bemarking
  • Verseker korrekte onderdele word verskaf
  • Kontanthantering
  • Voorraadbeheer en -opnames
  • Rakversorging en netheid
  • Administratiewe funksies
  • Opdatering van voorraaditems inligting op stelsel
  • Monitering van voorraadvlakke vir tydige voorraad aanvulling
  • Aanvraag van kwotasies
  • Kommunikasie met interne verbruikers

Diensaanvaarding: Onmiddelik

Aansoeke sluit: 11 Oktober 2025

Mededingende salaris eie aan die bedryf en 'n aanloklike kommissiestruktuur word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp