Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en dinamiese boerdery in die Vryburg-distrik, is op soek na ’n praktiese, tegnies sterk en verantwoordelike Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om ’n sleutelrol te vervul in die instandhouding, herstel en optimale funksionering van die boerdery se toerusting, infrastruktuur en besproeiingstelsels.

Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat wat nie net foutopsporing en herstelwerk kan doen nie, maar wat werklik verantwoordelikheid neem vir die tegniese betroubaarheid van die boerdery. Die suksesvolle kandidaat moet oor ’n sterk eienaarskapmentaliteit beskik, selfstandig kan dink, probleme vroegtydig identifiseer en bereid wees om verantwoordelikheid te aanvaar asof die toerusting, infrastruktuur en produksievloei sy eie is.

Die ideale kandidaat verstaan hoe moderne landbou-toerusting, besproeiingstelsels en tegnologie binne ’n kommersiële boerdery-omgewing funksioneer. Hy moet trots wees op netjiese werk, betroubare instandhouding en praktiese oplossings wat stilstand beperk en produksie ondersteun.

Minimum Vereistes:

  • 5 – 10 jaar relevante ondervinding in ’n soortgelyke tegniese of instandhoudingsrol binne ’n landbou-omgewing
  • Sterk ondervinding in die instandhouding en herstel van besproeiingstelsels, veral spilpunte
  • Goeie praktiese kennis van meganiese én elektriese komponente van spilpunte en verwante besproeiingstoerusting
  • Ondervinding met moderne landboutoerusting en tegnologie, insluitend kalibrasie, instellings, GPS-stelsels en presisieboerderykomponente
  • Goeie meganiese en tegniese aanleg
  • Sterk verantwoordelikheidsin en eienaarskapmentaliteit
  • Kennis en ondervinding binne ’n boerdery-omgewing word vereis
  • ’n Gekwalifiseerde Elektrisiën of Meulmaker / Millwright sal voorkeur geniet
  • Semi-geskoolde kandidate met bewese praktiese ondervinding en sterk tegniese vermoë sal ook oorweeg word
  • Geldige bestuurslisensie

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Instandhouding, foutopsporing en herstel van spilpunte en ander besproeiingstelsels
  • Hantering van meganiese en elektriese herstelwerk op toerusting en infrastruktuur
  • Monitering en voorkoming van stilstand deur beplande instandhoudingsprogramme
  • Kalibrasie, verstelling en tegniese ondersteuning op moderne landboutoerusting
  • Basiese ondersteuning met GPS, presisieboer-instellings en toerustingstegnologie
  • Algemene instandhouding van plaasvoertuie, implemente, pompe, panele en verwante stelsels
  • Identifisering van tegniese probleme en praktiese oplossings binne die boerdery
  • Neem van verantwoordelikheid vir die betroubaarheid, netheid en gereedheid van toerusting en infrastruktuur
  • Samewerking met bestuur om toerusting se betroubaarheid en produktiwiteit te verbeter
  • Toesig oor veiligheid, netheid en goeie werkspraktyke rondom werkswinkels en toerusting

Die ideale kandidaat:

  • Is prakties, betroubaar en tegnies baie sterk
  • Het ’n sterk eienaarskapmentaliteit en neem verantwoordelikheid sonder om voortdurend opgevolg te word
  • Kan selfstandig werk, beplan en prioriteite bepaal
  • Het ’n sterk probleemoplossingsvermoë
  • Is gemaklik met moderne landboutegnologie en presisie-toerusting
  • Werk netjies, deeglik en met trots
  • Kan druk hanteer gedurende kritieke produksie- en besproeiingstye
  • Verstaan dat goeie instandhouding direk bydra tot die sukses van ’n boerdery

Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n tegnies bekwame kandidaat wat nie net herstelwerk wil doen nie, maar werklik eienaarskap wil neem van die tegniese hartklop van ’n moderne boerdery.

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, gratis water, elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 23 Junie 2026

Indien jy belangstel in ’n praktiese geleentheid binne ’n gevestigde kommersiële boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp