Onderhoud- en Instandhoudingsvoorman -"Millwright"

Onderhoud- en Instandhoudingsvoorman -"Millwright" picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Oos Vrystaat, is opsoek na 'n ervare en energieke Onderhoud- en Instandhoudingsvoorman om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Boerdery se Voermeule en Infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is sterk meganies, met 'n Rooiseel "Millwright"/Elektriese Kwalifikasie (vereiste) en meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie (veral binne 'n Produksie-aanleg), netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verbeter en ontwikkel instandhoudingsprosedures
  • Voer inspeksies van fasiliteite uit en identifiseer en los probleme op (elektriese, meganiese, strukturele ens.)
  • Beplan en hou toesig oor alle herstel- en installasie-aktiwiteite
  • Toesig oor alle instandhoudings- en werkswinkelpersoneel op 'n daaglikse basis, werklading/taaktoewysing en die gehaltebeheer van alle werk wat aan die gang is en voltooi
  • Bestuur verhouding met kontrakteurs en diensverskaffers
  • Hou instandhoudingslogboeke en rapporteer oor die logboeke tydens daaglikse operasionele vergadering
  • Beplan, skeduleer en verrig alle instandhoudingsaktiwiteite
  • Verseker aanleg se optimale doeltreffendheid
  • Bevorder 'n kultuur van veiligheid
  • Handhaaf voldoening aan Gesondheid & Veiligheids- en omgewingsregulasies
  • Bestuur die instandhoudingsbegroting, verkryging en voorraad van onderdele
  • Werk saam met bedryfs- en produksiespanne om instandhoudingsaktiwiteite inlyn te bring met produksie doelwitte
  • Instandhouding en elektriese werk vir die Boerderygroep sowel as die verskillende eiendomme en huise op Plase.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werkdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp