Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte

Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Hoedspruit distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare en energieke Onderhoud- en Instandhoudingsbeampte om verantwoordelik te wees vir die Instandhouding van die Plaas se voertuie, trekkers, implemente, toerusting en infrastruktuur, veral Balers en ander implemente wat gebruik word in die Produksiesiklus van Voergras.

Die ideale kandidaat is sterk meganies, met 'n Diesel en/of ketelmaker (boiler making) en/of elektries (aanbeveel), meer as 5 jaar ondervinding tot die posisie, is netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, is stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer binne 'n werksomgewing waar werk met trots, netjies en akkuraat gedoen word, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Herstel, diens en instandhouding van plaasvoertuie, -implemente en - toerusting
  • Algemene meganiese en elektriese onderhoud en herstelwerk
  • Sweis- en Staalwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van die Plaasbestuurder

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp