Onderhoudsbeampte en Plaastoerusting Operateur

Onderhoudsbeampte en Plaastoerusting Operateur picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Dundee distrik in Kwa-Zulu Natal, is opsoek na 'n ervare, energieke en verantwoordelike Plaastoerusting Operateur om behulpsaam te wees met die voorbereiding van Lande, plant, spuit en oes van Graangewasse. Benewens die rol van Plaastoerusting Operateur, sal die suksevolle kandidaat ook verantwoordelik wees vir die onderhoud, instandhouding en hertel van die Boerdery se Plaasvoertuie, -implemente, -toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat het 2 - 5 jaar bewese ondervinding as Plaastoerusting Operateur, is meganies/tegnies sterk aangelê, kan goed sweis en is Zoeloe magtig.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bogemiddelde dryf, goeie tydsbestuur, vermoë om effektief onder druk te presteer, jou eienaarskapmentaliteit, jou liefde vir Boer en 'n wil om 'n sukses daarvan te maak, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Voorbereiding van Lande
  • Plant, Spuit en Oes van Graangewasse
  • Algemene onderhoud, herstel en instandhouding van Plaasvoertuie, -implemente, -toerusting en infrastruktuur
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander pligte soos van tyd-tot-tyd verlang

Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat trots is op sy werk, hardwerkend is en verantwoordelik is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 Julie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp