Onderhoudsbestuurder

Onderhoudsbestuurder picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Pietersburg distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Onderhoudsbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die diensbaarheid van die Boerdery se plaasvoertuie, -implemente, -werktuie, -toerusting en infrastruktuur.

Die ideale kandidaat is 'n gekwalifiseerde Dieselwerktuigkundige (aanbeveel) met meer as 5 jaar meganiese- (Diesel) sowel as algemene-instandhouding agtergrond van plaasvoertuie, -werktuie, -implemente en -infrastruktuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk, jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en op jou voete te kan dink, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Werkswinkelbestuur
    • Bestuur van onderdelevoorraad en bestellings
    • Monitering en koördinering van voertuigdienste
    • Beroepsveiligheidbestuur
    • Verslagdoening en ondersoeke
    • Prioritiseer van daaglikse take
    • Kwaliteitsbestuur en -administrasie
    • Personeelbestuur
    • Ad hoc-take
    • Netheid in en om die Werkswinkel
  • Onderhoudsbestuur
    • Foutopsporing en herstelwerk aan voertuie en masjinerie
    • Foutopsporing, diens en herstelwerk op plaasvoertuie, -implemente en -toerusting
    • Instandhouding, oprigting en herstel aan Infrastruktuur
    • Sweis- en staalwerk
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Dag tot dag / maandelikse / jaarlikse beplanning
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Februarie 2026

Mededingende salaris eie aan die bedryf, behuising, en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp