Operasionele Assistent: Olifante

Operasionele Assistent: Olifante picture

Ons kliënt, HERD Orphanage, ‘n Nie-Winsgewende-Organisasie waar jong Wees-Olifante rehabilitasie ontvang binne 'n bestaande Kudde wat hulle onvoorwaardelik aanvaar, is opsoek na ‘n energieke en passievolle Operasionele Assistent om deel te word van diè dinamiese Span wat in die Hoedspruit distrik gestasioneer is.

Die ideale kandidaat het ‘n passie vir die Natuur (meer spesifiek Olifante), ‘n Diploma in Natuurbewaring of soortgelyk (aanbeveel), is leergierig, meganies aangelê, netjies op self en werk, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met 'n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou geldige bestuurslisensie, jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Onderhoud en instandhouding van geboue, masjinerie, toerusting, paaie, dreinering, heinings en erosiebeheer
  • Help met watersuiwering
  • Help met aanbiedings aan gaste en besoekers
  • Maandelikse voorraadopnames
  • Instandhouding van bestaande projekte
  • Help met gemeenskapsprojekte
  • Administrasiepligte en maandelikse verslae
  • Help met weeklikse bestellings (beplanning, bestelling, haal, verspreiding van bestellings)
  • Veeteelt en rekordhouding

Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat passievol, trots op sy/haar werk, hardwerkend en verantwoordelik is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp