Operasionele Slaghuisbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde plaas- en landbou-onderneming met ’n eie slaghuis in die Baltimore-distrik van Limpopo, is op soek na ’n ervare, praktiese en verantwoordelike Operasionele Slaghuisbestuurder om volle daaglikse verantwoordelikheid vir die gladde funksionering van die slaghuis te neem.
Hierdie pos is ideaal vir ’n kandidaat wat nie net sterk praktiese kennis van vleisverwerking, snywerk en slaghuisprosedures het nie, maar ook die vermoë beskik om mense, prosesse, higiëne, voorraad, kwaliteit en daaglikse produksie effektief te bestuur.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die operasionele bestuur van die slaghuis, insluitend karkashantering, vleisverwerking, porsionering, verpakking, voorraadbeheer, personeelkoördinering, higiëne, voedselveiligheid en die handhawing van konsekwente werkstandaarde.
Ons soek ’n kandidaat met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, goeie dissipline, praktiese leierskap, netjiese werksgewoontes en die vermoë om onder druk professioneel en produktief te funksioneer.
Minimum Vereistes:
- Vorige ondervinding in ’n slaghuis- of vleisverwerkingsomgewing
- Praktiese ervaring as Slagter / Blokman sal sterk tot aanbeveling strek
- Goeie kennis van karkashantering, vleissnitte, ontbening, porsionering en verpakking
- Ondervinding met bees, skaap en/of vark sal voordelig wees
- Vorige toesighoudende of bestuursverantwoordelikheid sal sterk tot aanbeveling strek
- Goeie kennis van basiese voedselveiligheid, higiëne en slaghuisstandaarde
- Vermoë om personeel te organiseer, take te prioritiseer en produksievloei te bestuur
- Goeie administratiewe vermoë met betrekking tot voorraad, rekords en daaglikse kontroles
- Betroubaar, eerlik, netjies en verantwoordelik
- Goeie fisiese gesondheid en bereidheid om prakties betrokke te wees
- Vermoë om onder druk te werk tydens besige produksieperiodes
- Geldige bestuurslisensie sal voordelig wees
Sleutelverantwoordelikhede:
- Daaglikse operasionele bestuur van die slaghuis
- Beplanning, organisering en prioritisering van daaglikse take en produksie
- Toesig oor karkashantering, snywerk, ontbening, porsionering en verpakking
- Verseker dat vleisprodukte volgens vereistes en hoë kwaliteitstandaarde voorberei word
- Bestuur van vleisvoorraad, produkvloei en algemene slaghuisvoorraad
- Handhawing van higiëne-, voedselveiligheid- en netheidstandaarde
- Toesig oor skoonmaak en instandhouding van werkareas, toerusting en snygereedskap
- Koördinering en ondersteuning van personeel binne die slaghuis
- Monitering van produktiwiteit, kwaliteit en werkstandaarde
- Rekordhouding, basiese administrasie en verslagdoening aan bestuur
- Identifisering en oplossing van praktiese probleme binne die slaghuis
- Ondersteuning met algemene plaas- en slaghuisverwante take soos benodig
Ideale Kandidaat:
Die ideale kandidaat is prakties, hardwerkend en trots op sy werk. Hy verstaan die belangrikheid van kwaliteit, higiëne, dissipline en betroubaarheid binne ’n professionele slaghuisomgewing.
Hierdie persoon moet selfstandig kan funksioneer, verantwoordelikheid neem vir die volle daaglikse werking van die slaghuis en terselfdertyd personeel op ’n ferm, regverdige en praktiese manier kan bestuur.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 24 Junie 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Slaghuisbestuuder/Blokman is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]