Operasionele Slaghuisbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde Boerdery in die Baltimore distrik, is opsoek na ’n ervare, praktiese en resultaatgedrewe Operasionele Slaghuisbestuurder om volle verantwoordelikheid te neem vir die doeltreffende bestuur van hulle Slaghuis.
Hierdie sleutelrol vereis ’n kandidaat met deeglike praktiese kennis van die slaghuisomgewing, tesame met die vermoë om hoë standaarde van produkgehalte, higiëne, voedselveiligheid, voorraadbeheer, kliëntediens en winsgewendheid konsekwent te handhaaf. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die algehele daaglikse funksionering van die slaghuis, insluitend personeelbestuur, kostebeheer, voorraad- en verkoopsmonitering, sowel as die handhawing van professionele operasionele standaarde.
Die ideale kandidaat het Matriek en relevante kwalifikasie/opleiding, met 3 tot 5 jaar toepaslike ondervinding binne ’n slaghuis- of vleisverwerkingsomgewing, insluitend vorige toesighoudende of bestuursverantwoordelikheid. Grondige kennis van vleissnitte, verwerking, gehaltebeheer, voedselveiligheid, voorraadbestuur en spanbestuur is noodsaaklik.
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou sterk leierskap, goeie menseverhoudings, netjiese administrasie, kommersiële ingesteldheid, aandag aan detail en vermoë om onder druk te presteer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte en Verantwoordelikhede:
- Algehele bestuur van die daaglikse bedrywighede
- Verseker ’n doeltreffende werkvloei en produktiewe spanfunksionering
- Bestuur, opleiding, toesig en skedulering van personeel
- Toesien dat vleissny, verwerking en verpakking aan die vereiste gehaltestandaarde voldoen
- Handhawing van streng higiëne-, gesondheids- en voedselveiligheidstandaarde volgens regulasies
- Monitering van voorraadvlakke, bestelling van produkte en beheer van verliese en vermorsing
- Uitvoer van gereelde voorraadopnames en effektiewe voorraadbeheer
- Toesien dat pryse, produkaanbieding en uitleg van produkte op standaard is
- Hantering van kliëntenavrae, spesiale bestellings en klagtes op ’n professionele wyse
- Monitering van verkope en implementering van strategieë om winsgewendheid te verbeter
- Bestuur van kostebeheer, marges en daaglikse finansiële verslagdoening
- Skakeling met verskaffers en bestuur van aflewerings van vleisprodukte
- Verseker nakoming van alle relevante gesondheids-, veiligheids- en voedselhanteringsvereistes
Minimum Vereistes:
- Graad 12/Matriek
- Slaghuiskwalifikasie of relevante opleiding
- 3–5 jaar ondervinding in ’n slaghuis- of vleisverwerkingsomgewing
- Vorige toesighoudende of bestuursverantwoordelikheid
- Bewese kennis van vleissnitte, verwerking en korrekte bergingspraktyke
- Goeie begrip van voedselveiligheid, higiëne en regulatoriese standaarde
- Sterk leierskap- en personeelbestuursvaardighede
- Goeie kommunikasie- en kliëntediensvaardighede
- Goeie organisatoriese vermoë en voorraadbeheer
- Basiese finansiële en administratiewe vaardighede
Sleutelvaardighede en Kundigheid:
- Kennis van karkas-opbreking en kosteberekening
- Vermoë om waarde-toegevoegde produkte soos biltong, wors en gemarineerde vleis te bestuur
- Hoë aandag aan detail en gehaltebeheer
- Sterk kliëntfokus en diensoriëntasie
- Betroubaarheid, aanspreeklikheid en professionele werksetiek
- Goeie probleemoplossingsvermoë
- Vermoë om kalm en doeltreffend onder druk te funksioneer
- Voordelig:
- Ondervinding in ’n hoëvolume kleinhandel- of plaas-na-tafel omgewing
- Blootstelling aan gesondheidsinspeksies en nakomingsoudits
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat trots is op kwaliteitwerk, streng operasionele beheer kan toepas en ’n betekenisvolle bydrae wil lewer tot die sukses, standaarde en winsgewendheid van ’n professionele Slaghuis. Die rol bied die geleentheid om in ’n verantwoordelike bestuursposisie te funksioneer waar jou tegniese kundigheid, leierskap en kommersiële insig werklik waarde sal toevoeg.
Diensaanvaarding: Onmiddelik
Sluitingsdatum: 7 Mei 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Indien jy ’n toegewyde Bestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging by 'n dinamiese Boerdery, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel 👉 [aansoek]