Operasionelebestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde en professioneel bestuurde Wildreservaat in die Thabazimbi-omgewing, is op soek na 'n uitsonderlike Operasionelebestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die doeltreffende, winsgewende en volhoubare bestuur van die Reservaat se daaglikse bedrywighede.
Hierdie is 'n senior bestuurspos waar die suksesvolle kandidaat direk aan die Hoof Uitvoerende Beampte rapporteer. Die pos vereis 'n sterk leier met uitstekende bestuursvermoë, 'n eienaarskapmentaliteit en die vermoë om mense, prosesse en hulpbronne doelgerig te bestuur.
Hierdie geleentheid is ideaal vir 'n ervare kandidaat wat operasionele uitnemendheid met 'n passie vir natuurbewaring en menseontwikkeling kan kombineer.
Die ideale kandidaat beskik oor:
- 'n Relevante tersiêre kwalifikasie in Natuurbewaring, Wildbestuur, Landboubestuur of 'n verwante rigting (sterk aanbeveel)
- Minstens 10 jaar senior bestuurs- en operasionele ervaring
- Uitstekende leierskap- en mensebestuursvaardighede
- Bogemiddelde organisatoriese en beplanningsvermoë
- Die vermoë om besluite te neem en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar
- Hoë vlakke van integriteit, professionaliteit en aanspreeklikheid
- 'n Sterk eienaarskapmentaliteit en 'n praktiese ingesteldheid
Die ideale kandidaat beskik oor 'n goeie werkende kennis van:
- Ekosisteme en biodiversiteit
- Wildbestuur en bewaring
- Fauna en flora
- Veld- en habitatbestuur
- Indringerplantbeheer
- Drakrag en volhoubare benutting
- Waterhulpbronbestuur
- Omgewingswetgewing en beste praktyke
- Sekuriteits- en risikobestuur
- Gesondheid- en veiligheidsvereistes
Sleutelverantwoordelikhede
- Operasionelebestuur
- Bestuur en koördineer die daaglikse bedrywighede van die reservaat
- Verseker die implementering van strategiese doelwitte
- Bestuur infrastruktuur, paaie, heinings, geboue en toerusting
- Verseker doeltreffende benutting van hulpbronne
- Bestuur diensverskaffers en kontrakteurs
- Dryf voortdurende verbetering en operasionele uitnemendheid
- Leierskap en Mense
- Lei en ontwikkel bestuurders en personeel
- Vestig 'n kultuur van verantwoordelikheid, dissipline en professionaliteit
- Bestuur prestasie en verseker aanspreeklikheid
- Bevorder samewerking en effektiewe kommunikasie
- Ontwikkel toekomstige leiers binne die organisasie
- Lei deur voorbeeld
- Bewaring en Omgewingsbestuur
- Bevorder verantwoordelike en volhoubare natuurbewaring
- Moniteer die gesondheid van habitatte en ekosisteme
- Ondersteun wildbestuursprogramme
- Verseker nakoming van relevante wetgewing en standaarde
- Bevorder volhoubare grondgebruik
- Risiko-, Veiligheids- en Sekuriteitsbestuur
- Hou toesig oor sekuriteits- en anti-stroperymaatreëls
- Verseker voldoening aan gesondheid- en veiligheidsvereistes
- Ontwikkel en implementeer risikobestuursmaatreëls
- Bestuur nood- en krisissituasies
Die suksesvolle kandidaat is:
- 'n Natuurlike leier
- Hoogs georganiseerd en selfgedissiplineerd
- Emosioneel volwasse en gebalanseerd
- Oplossingsgedrewe en besluitvaardig
- Gemaklik om in 'n afgeleë omgewing te funksioneer
- Passievol oor mense, natuur en bewaring
- In staat om strategies én prakties te funksioneer
- Iemand wat deur voorbeeld leiding gee
'n Uiters mededingende vergoedingspakket, eie aan die senioriteit en belangrikheid van die pos, word aangebied.
Diensaanvaarding: September 2026
Sluitingsdatum: 15 Julie 2026
Indien jy ’n toegewyde en ervare Operasionelebestuurder is wat gereed is vir ’n nuwe uitdaging, en graag deel wil vorm van ’n gevestigde maatskappy waar verantwoordelikheid, kwaliteitbestuur en langtermynbydrae hoog geag word, sien ons uit na jou aansoek deur die skakel👉 [aansoek]