Pakhuis Assistent: Kernvrugte
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en professioneel bestuurde kernvrugteboerdery in die Langkloof distrik in die Weskaap, bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n betroubare, netjiese en administratief sterk Pakhuis Assistent om deel te vorm van hul pakhuis- en produksiespan.
Hierdie pos is ideaal vir ’n jong, ontwikkelbare kandidaat wat graag binne ’n gestruktureerde vrugteboerdery-omgewing wil groei. Die suksesvolle kandidaat sal ’n belangrike ondersteuningsrol vervul in die daaglikse administrasie, koördinering en praktiese funksionering van die vrugtepakstoor.
Die rol vereis ’n persoon met goeie dissipline, aandag aan detail en die vermoë om verantwoordelikheid te neem vir administratiewe take, terwyl daar ook bereidwilligheid moet wees om prakties betrokke te raak wanneer die operasionele tempo dit vereis.
Minimum Vereistes:
- 0 – 2 jaar toepaslike ondervinding in ’n pakhuis-, logistieke, administratiewe of landbou-omgewing
- Tersiêre kwalifikasie word sterk aanbeveel, maar is nie ’n absolute vereiste nie
- Goeie administratiewe vermoë en netjiese rekordhouding
- Rekenaargeletterdheid en gemak met basiese administratiewe stelsels
- Goeie organisasievaardighede en aandag aan detail
- Betroubare, verantwoordelike en leergierige ingesteldheid
- Goeie kommunikasievermoë
- Vermoë om effektief met bestuur en personeel saam te werk
Sleutelverantwoordelikhede:
- Hantering en ondersteuning van alle administrasie rakende die vrugtepakstoor
- Ondersteuning met pakhuisprosesse, vrugtehantering en logistieke koördinering
- Hulp met vragmotorlaai, dokumentasie en verwante kontroleprosesse
- Netjiese rekordhouding en opvolg van relevante pakhuisinligting
- Samewerking met bestuur, pakhuispersoneel en produksiespanne
- Identifisering en rapportering van administratiewe of operasionele afwykings
- Algemene ondersteuning om te verseker dat die pakhuisfunksie professioneel en doeltreffend funksioneer
Die Ideale Kandidaat:
Die ideale kandidaat is ’n jong, betroubare en verantwoordelike persoon met ’n netjiese werkswyse en ’n sterk bereidwilligheid om te leer. Hy moet gemaklik wees in ’n praktiese landbou-omgewing, maar terselfdertyd administratief akkuraat en georganiseerd kan werk.
Hierdie pos sal goed pas by iemand wat op soek is na ’n langtermyngeleentheid binne ’n gevestigde vrugteboerdery waar daar ruimte is om ervaring op te bou en verder te ontwikkel.
Vergoeding en Voordele:
- Mededingende salaris eie aan die bedryf
- Moderne, nuutgeboude 2-slaapkamerhuis op die plaas
- Gratis Wi-Fi, water en elektrisiteit
- Prestasiebonus
- Mediesefonds
- Aftree-annuïteit
- Hervestigingsondersteuning
Diensaanvaarding: Middel Julie 2026
Aansoeke sluit: 16 Junie 2026
Kandidate wat ernstig is oor ’n loopbaan binne die vrugtebedryf, administratief sterk is en graag binne ’n professionele boerdery-omgewing wil groei, word aangemoedig om aansoek te doen deur die skakel 👉 [aansoek]