Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Robertson distrik in die Weskaap, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel), 'n Kode 10/14 Bestuurslisensie (aanbeveel) met meer as 5 jaar eerstehandse ondervinding in Pakhuisbestuur (Steenvrugte, Sitrus en Tamaties) vir beide internasionale en plaaslike mark met werkende kennis van Global Gap, Dipar, PPECB standaarde en die handhawing van korrekte sorteer-, verpakkingsteikens en -standaarde met sterk meganiese aanleg/ondervinding van pakhuistoerusting en instandhoudingsvereistes.
Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede, jou ingesteldheid op produkkwaliteit, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 Julie 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar