Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese uitvoer Vrugteboerdery in die Klein Karoo in die Weskaap, is opsoek na ‘n ervare, energieke en kundige Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis.
Die ideale kandidaat het ‘n Tersiêre Landbou- of Voedseltegnologiekwalifikasie (aanbeveel) en 2 – 8 jaar se eerstehandse ondervinding in Pakhuisbestuur met ervaring in 14 bak, DECE elektroniese gradeerder (sal in jou guns tel).
Bogenoemde gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 3 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising, ‘n selfoon toelaag, mediese subsidie, pensioen voordeel en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar