Pakhuisbestuurder
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende groenteverpakkingsonderneming in die Komatipoort-omgewing, is op soek na ’n energieke, ervare en professionele Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, kwaliteitgedrewe en winsgewende bestuur van hulle Pakhuis.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n kandidaat wat reeds oor sterk pakhuis- en verpakkingsondervinding beskik en nou gereed is om verder te groei binne ’n dinamiese, professionele en resultate-gedrewe landbou-omgewing. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol vervul in die bestuur van daaglikse verpakkingsbedrywighede, kwaliteitstandaarde, personeel, produksievloei en operasionele doeltreffendheid.
Die rol bied nie net die geleentheid om ’n belangrike funksie binne die besigheid te bestuur nie, maar ook om werklik waarde toe te voeg, standaarde te verhoog en saam met ’n gevestigde onderneming verder te ontwikkel. Vir die regte kandidaat is hierdie pos ’n langtermyngeleentheid waar verantwoordelikheid, prestasie en groei hand aan hand loop.
Die ideale kandidaat beskik oor meer as 5 jaar toepaslike ondervinding in ’n groentepakhuis of soortgelyke verpakkingsomgewing, met bewese werkende kennis van Compac-paklyne en Spectrum-kameras. Werkende kennis van kwaliteitbestuurstelsels en voedselveiligheidsprotokolle, insluitend GlobalG.A.P. en soortgelyke standaarde, sal sterk voordelig wees.
Bogenoemde ervaring, gekombineer met sterk bestuursvernuf, goeie menseverhoudings, tegniese insig, ’n skerp oog vir detail en die vermoë om onder druk te presteer, sal jou uitstekend posisioneer vir hierdie belangrike geleentheid.
Pligte en verantwoordelikhede:
- Algehele bestuur van die daaglikse bedrywighede van die Pakhuis
- Beplanning, organisering en beheer van verpakkingsaktiwiteite volgens volumes, programme en markvereistes
- Effektiewe bestuur en optimale benutting van die Compac-paklyn
- Toesig oor en praktiese gebruik van Spectrum-kameras vir sortering en gehaltebeheer
- Handhawing van streng kwaliteitstandaarde en produkspesifikasies
- Bestuur van personeel, produktiwiteit, dissipline en werkvloei binne die Pakhuis
- Monitering van verliese, afval en algemene operasionele doeltreffendheid
- Verseker nakoming van voedselveiligheids-, gesondheids- en veiligheidsvereistes
- Toepassing en instandhouding van kwaliteitbestuurstelsels en relevante protokolle, insluitend GlobalG.A.P. en ander toepaslike voedselveiligheid- en kwaliteitstandaarde
- Voorbereiding vir oudits en ondersteuning met nakomingsvereistes en rekordhouding
- Samewerking met produksie, logistiek en senior bestuur om gladde operasionele vloei te verseker
- Opstel van verslae en terugvoer oor produksie, kwaliteit en prestasie
Minimum vereistes:
- Meer as 5 jaar toepaslike ondervinding in ’n groentepakhuis of soortgelyke verpakkingsomgewing
- Werkende kennis van Compac-paklyne
- Werkende kennis van Spectrum-kameras
- Goeie begrip van gehaltebeheer en operasionele bestuurspraktyke
- Werkende kennis van kwaliteitbestuurstelsels en voedselveiligheidsvereistes, insluitend GlobalG.A.P., sal sterk voordelig wees
- Goeie personeelbestuur- en kommunikasievaardighede
- Rekenaargeletterdheid
- Geldige bestuurslisensie
Persoonlike eienskappe:
- Prakties en oplossingsgedrewe
- Sterk leierskap en verantwoordelikheidsin
- Noukeurig en detailgeoriënteerd
- Vermoë om onder druk en teen streng tydsraamwerke te funksioneer
- Goeie organisatoriese en beplanningsvermoë
- Eienaarskapmentaliteit met die vermoë om saam met die onderneming te groei
Hierdie is ’n besondere goeie geleentheid vir ’n kandidaat wat deel wil wees van ’n gevestigde onderneming waar standaarde belangrik is, waar kwaliteit en prestasie raakgesien word, en waar daar werklik ruimte bestaan om professioneel verder te ontwikkel binne ’n groeiende werksomgewing.
Diensaanvaarding: So hou as moontlik
Aansoeke sluit: 27 April 2026
’n Markverwante salaris eie aan die bedryf met voordele word aangebied.
Indien jy oor die nodige ervaring en passie beskik, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]