Plaas- en Ontwikkelingsbestuurder: Mielieproduksie en Plaasinfrastruktuur
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde landbou-onderneming, is opsoek na ’n praktiese, tegnies sterk en selfstandige plaas- en ontwikkelingsbestuurder om betrokke te wees by die ontwikkeling, herstel en operasionele bestuur van ’n Plaas in die Van Reenen distrik.
Hierdie geleentheid is ideaal vir ’n kandidaat met 5 - 8 jaar toepaslike ondervinding in algemene plaasinstandhouding, infrastruktuurontwikkeling en saaiboerderybedrywighede, met spesifieke blootstelling aan die toerusting en praktyke wat verband hou met mielieproduksie.
Die plaas is vir ’n tydperk afgeskeep en vereis dus ’n kandidaat wat nie terugstaan vir harde werk nie, tegnies sterk is, prakties kan dink en bereid is om self in te spring om strukture, stelsels en produksieprosesse weer op standaard te bring.
Minimum Vereistes
- 5 - 8 jaar relevante ondervinding in plaasbestuur, plaasontwikkeling en algemene instandhouding
- Sterk praktiese ervaring in die ontwikkeling en herstel van plaasinfrastruktuur
- Goeie tegniese en meganiese aanleg
- Bewese ervaring as operateur van landboutoerusting, veral groter toerusting wat in mielieverbouing gebruik word
- Praktiese kennis van saaiboerderybedrywighede en mielieproduksie
- Vermoë om selfstandig te werk en verantwoordelikheid te neem
- Betroubaarheid, dissipline en ’n sterk eienaarskapmentaliteit
Sleutelverantwoordelikhede
Die suksesvolle kandidaat sal aanvanklik sterk fokus op die ontwikkeling en herstel van die plaas, insluitend:
- Algemene plaasinstandhouding en herstelwerk
- Ontwikkeling en oprigting van plaasinfrastruktuur
- Installering en herstel van waterlyne, pype en verwante waterstelsels
- Basiese elektriese instandhouding en infrastruktuurondersteuning
- Oprigting, herstel en instandhouding van heinings
- Padherstel, padinstandhouding en algemene terreinontwikkeling
- Hantering en bestuur van plaaswerktuie en toerusting
- Operasionele ondersteuning met grondvoorbereiding en bewerkingspraktyke
- Met verloop van tyd: volle betrokkenheid by en verantwoordelikheid vir die totale mielieproduksiesiklus
Die plaas is geleë in ’n area wat vêr van Skole af is. Kandidate met skoolgaande kinders sal dus prakties moet beplan rondom alternatiewe reëlings soos koshuis, tuisonderrig of ander geskikte skoolopsies.
Hierdie is ’n uitstekende geleentheid vir ’n praktiese man wat daarvan hou om iets op te bou, orde te skep en ’n plaas se volle potensiaal te help ontsluit. Die rol bied die regte kandidaat die kans om van die begin af betrokke te wees by die ontwikkeling van ’n nuwe produksie-eenheid en later ’n kernrol te speel in die volhoubare bestuur van die Plaas.
Die pos vereis ’n kandidaat wat tegnies sterk, hardwerkend, meganies ingestel en betroubaar is, met die vermoë om praktiese probleme selfstandig op te los en werklik eienaarskap van die plaas se ontwikkeling en produksie te neem.
Vir die regte kandidaat bied hierdie rol die geleentheid om werklik eienaarskap te neem van ’n belangrike produksie-eenheid en ’n waardevolle bydrae te maak tot die volhoubare sukses van die boerdery.
’n Mededingende salaris, gratis behuising en 'n maatskappyvoertuig vir werkdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit 15 Junie 2026
Kandidate wat hulself vereenselwig met ’n gedissiplineerde, professionele en resultaatgedrewe boerdery-omgewing, word uitgenooi om aansoek te doen deur diè skakel [aansoek]