Plaasassistent
Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde boerdery in die Vivo-omgewing, is op soek na ’n praktiese, betroubare en veelsydige Plaasassistent om by hul span aan te sluit.
Hierdie rol is ideaal vir ’n kandidaat wat gemaklik is om oor verskillende funksies binne die boerdery aangewend te word en wat sterk praktiese betrokkenheid by produksie, pakhuisbedrywighede en algemene plaasaktiwiteite kan toon. Die pos vereis ’n persoon wat aanpasbaar is, verantwoordelikheid neem en bereid is om hard te werk in ’n dinamiese landbou-omgewing.
Die fokus van die rol val hoofsaaklik op drie kerngebiede deur die jaar:
- Tegniese plantwerk met ’n belt planter vir aartappels en kleinsaadplanter vir butternuts vir ongeveer 5 maande
- Assistent Pakhuisbestuurder vanaf Augustus tot Desember vir ongeveer 4 maande
- Gedurende die oorblywende 3 maande, funksioneer die kandidaat as Hulpboer, waar hy ingespan word waar nodig binne die boerdery
Die ideale kandidaat moet dus oor goeie tegniese aanleg beskik, georganiseerd kan werk, en bereid wees om in verskillende afdelings van die boerdery waarde toe te voeg.
Hoofverantwoordelikhede:
- Bediening en bestuur van planttoerusting, spesifiek:
- Belt planter vir aartappels
- Kleinsaadplanter vir butternuts
- Verseker dat plantwerk akkuraat, tydig en volgens voorskrif uitgevoer word
- Ondersteuning met voorbereiding, opstelling en basiese instandhouding van planttoerusting
- Assistering met die daaglikse bestuur van die pakhuis gedurende die seisoen
- Beheer en organisering van voorraad, ontvangstes en uitreikings in die pakhuis
- Ondersteuning met algemene administrasie en operasionele vloei binne die pakhuis
- Algemene hulp op die plaas gedurende stiller maande
- Ondersteuning waar nodig met verskeie plaasaktiwiteite en praktiese take
- Handhawing van netheid, orde en operasionele dissipline in werksareas
Minimum vereistes:
- Praktiese ondervinding in ’n landbou-omgewing
- Tegniese ervaring met planttoerusting sal sterk in die kandidaat se guns tel
- Ondervinding met aartappel- en/of butternut-aanplanting sal voordelig wees
- Vermoë om verantwoordelikheid te neem en selfstandig te werk
- Goeie organisatoriese en praktiese vermoë
- Bereidwilligheid om in verskillende afdelings van die boerdery betrokke te wees
- Betroubare, hardwerkende en positiewe ingesteldheid
Die ideale kandidaat:
Ons soek ’n veeldoelige en "hands-on" persoon wat nie skrik vir harde werk of afwisseling in take nie. Die kandidaat moet tegnies vaardig wees, maklik kan aanpas by seisoenale behoeftes en waarde kan toevoeg in beide die produksie- en pakhuisomgewing, asook as algemene hulp op die plaas.
’n Mededingende salaris, eie aan die bedryf, sal aangebied word volgens ervaring en vermoë.
Indien jy ’n praktiese en betroubare persoon is met toepaslike plant- en operasionele ervaring, sien ons uit na jou aansoek deur diè skakel👉 [aansoek]
Sluitingsdatum: 26 April 2026
Diensaanvaarding: So gou as moontlik