Plaasbestuurder: Aartappel- en Botterskorsieproduksie

Plaasbestuurder: Aartappel- en Botterskorsieproduksie picture

Ons gewaardeerde kliënt, ’n gevestigde en vooruitstrewende kommersiële boerdery in die Vivo-distrik in die noordelike deel van Limpopo, is op soek na ’n dinamiese en praktiese Plaasbestuurder om die produksie van aartappels en botterskorsies doeltreffend te bestuur.

Hierdie pos bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n jong, energieke bestuurder met praktiese ervaring in groenteproduksie wat verantwoordelikheid wil neem vir die beplanning, implementering en bestuur van ’n intensiewe produksie-eenheid.

Minimum Vereistes

  • 3 – 5 jaar praktiese ondervinding in groenteproduksie, verkieslik aartappels en/of botterskorsies
  • Goeie kennis van besproeiingstelsels, bemesting en gewasbestuur
  • Ervaring met plant, instandhouding en oes van groentegewasse
  • Vermoë om arbeidspanne te bestuur en take te koördineer
  • Relevante meganiese en tegniese vaardighede om basiese instandhouding, herstelwerk en probleemoplossing op plaasimplemente, toerusting en infrastruktuur te doen
  • Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede

Sleutelverantwoordelikhede

  • Bestuur van die daaglikse produksie-aktiwiteite van aartappel- en botterskorsieblokke
  • Beplanning en implementering van plantprogramme, besproeiing en bemesting
  • Monitering van gewasgesondheid, plae en siektes
  • Bestuur en toesig oor arbeidspanne en werkskedules
  • Toesig oor boerderytoerusting en infrastruktuur en die uitvoering van basiese instandhouding en herstelwerk
  • Verseker dat alle landboupraktyke produktief, kostedoeltreffend en volhoubaar uitgevoer word
  • Toesig oor oesprosesse, kwaliteitbeheer en logistieke voorbereiding
  • Samewerking met die eienaar en tegniese adviseurs om opbrengs en kwaliteit te optimaliseer

Persoonlike Eienskappe

  • Beskik oor ’n sterk werksetiek en eienaarskapmentaliteit
  • Is prakties ingestel en oplossingsgedrewe
  • Het goeie leierskap- en kommunikasievaardighede
  • Is netjies, georganiseerd en stiptelik
  • Kan selfstandig werk en onder druk funksioneer

’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied volgens ervaring en kwalifikasies.

Diensaanvaarding: Mei 2026/Junie 2026

Aansoeke sluit: 22 Maart 2026

Aansoeke word slegs deur die skakel hier aanvaar:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp