Plaasbestuurder: Aartappels

Plaasbestuurder: Aartappels picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud en het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Aartappels of Groente onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaard
  • Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp