Plaasbestuurder: Bees en Saai

Plaasbestuurder: Bees en Saai picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Vredefort distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), met 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse, werkende kennis van Beeskudde- en -voerkraalbestuur wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Produksiesiklus van Gewasse
  • Kuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Beesvoerkraalbestuur
    • Dieregesondheid
    • Rantsoenbestuur
    • Mortaliteitbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 12 Augustus 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (een slaapkamer woonstel), elektrisiteit en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp