Plaasbestuurder: Beesstoet en Voergewasse

Plaasbestuurder: Beesstoet en Voergewasse picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Boerdery in die Greytown distrik in Kwa-Zulu Natal, is opsoek na 'n energieke, ervare en dinamiese Bestuurder om die Beesstoetkudde van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beesstoet met goeie werkende kennis in die produksiesiklus van voergewasse.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, jou vermoë om Zoeloe te praat en te verstaan (aanbeveel), eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
    • Kudde monitor en getalle
    • Diere voorberei vir Produksieveilings
    • Rekordhouding en administrasie inlyn met Telersgenootskap riglyne
  • Bestuur die totale produksiesiklus van voergewasse
  • Algemene Instandhouding en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate rekordhouding en verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur die Eienaar

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 15 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp