Plaasbestuurder: Beeste

Plaasbestuurder: Beeste picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Mareetsane distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n jong, energieke en raakvat Plaasbestuurder om die Eienaar by te staan om die Boerdery koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 3 - 8 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde en Beesvoerkraal, 'n Kode 14 bestuurslisensie (aanbeveel), is sterk meganies aangelê en het werkende kennis van die kerf en berg van Kuilvoer.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid, vermoë om effektief onafhanklik en binne spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
    • Kudde monitor en getalle
  • Beesvoerkraalbestuur
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Rantsoen- en bunkerbestuur
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid en mortaliteitbestuur
    • Biosekuriteit
    • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Algemene herstel en voorkomende instandhouding op toerusting
  • Infrastruktuur instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van tyd tot tyd

Dit kan vir Ouers met skoolgaande kinders 'n uitdaging wees omdat die Plaas vêr van Skole is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp