Plaasbestuurder: Beeste

Plaasbestuurder: Beeste picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Stella distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, raakvat en dinamiese Bestuurder om 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël) van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud (vereiste), het 'n Kode 14 bestuurslisensie (vereiste) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Beeskudde (Stoet en Kommersieël) wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, uitstekende menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die daaglikse bedrywighede
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Reproduksie
    • Bestuur van Kalwers
    • Kudde monitor en getalle
  • Algemene instandhouding op toerusting en infrastruktuur
  • Plaasnetheid en -sekuriteit
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Leierskap deur voorbeeld
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate rekordhouding en verslagdoening

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, elektrisiteit, 'n halwe slagbees elke 4 maande en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 November 2025

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp