Plaasbestuurder: Karooplaas

Plaasbestuurder: Karooplaas picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Veeboerdery in die Strydenburg distrik in die Noord-Kaap, is opsoek na 'n kundige, ervare en pro-aktiewe Plaasbestuurder om 'n Veeplaas van 20 000ha in samewerking met die Eienaars winsgewend, volhoubaar, koste-effektief en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud (vereiste), het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 'n Kode 10 bestuurslisensie (aanbeveel) en meer as 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die suksesvolle bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde (vereiste) op 'n Karooplaas (aanbeveel) wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, sterk werketiek, uitstekende kommunikasie- en mensebestuurvermoë, sterk opvolg en verantwoordelikheidsin, goeie beplanning en logistieke ingesteldheid, netjies, volledig en trots op standaarde, sien ons uit na jou aansoek.

Kernverantwoordelikhede:

  • Operasionelebestuur
    • Implementering van strategie
    • Bestuur dag-tot-dag bedrywighede
    • Brandbestuur en -voorkoming
    • Administrasie en rekordhouding
  • Kuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Lam- en Kalwerbestuur
    • Monitor getalle en kondisie
    • Bestuur wolskeerproses
  • Infrastruktuur
    • Herstel en instandhouding
      • waterinfrastruktuur
      • pompe (windpompe en solarpompe)
      • elektriese lyne/heinings
      • geboue
  • Instandhouding van plaasvoertuie, -implemente, -toerusting en -werktuie
  • Jagters (seisoenaal)
    • Samewerking met eienaars rakende verblyf en bestuur van jagters (kommissie-basis; addisionele hulp in seisoen beskikbaar)

Die Plaas is afgeleë en die naaste goeie skool met 'n koshuis is 100km van die plaas af.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 23 Februarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising (gemeubileerd), sonkrag en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp