Plaasbestuurder: Beeste en Wild

Plaasbestuurder: Beeste en Wild picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Groot-Marico distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Plaasbestuurder om die Wild, Jaglodge en Beeskudde van die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is sterk meganies/tegnies, meer as 5 jaar se ervaring in Algemene Onderhoud en Instandhouding binne die Lodge en Reservaat Bedryf met werkende kennis van Beeskuddebestuur, Jag (PH kwalifikasie aanbeveel) en Wildplaasbestuur met uitstekende menseverhoudinge en pynlik netjies op self en werk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasie- en beplanningsvermoë, uitstekende leierseienskappe met die vermoë om pro-aktief op te tree met 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Herstel, diens en instandhouding van plaasvoertuie, -implemente en -toerusting
  • Oprigting, herstel en onderhoud van Infrastruktuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Voer en instandhouding van Wild
  • Algemene Beeskuddebestuur
  • Algemene Wildplaasbestuur
  • Ontvang, onthaal en uitneem van Jagters
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take deur Eienaar verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik, netjies en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit:  5 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp