Plaasbestuurder: Besproeiing, Vee en Gewasse

Plaasbestuurder: Besproeiing, Vee en Gewasse picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n Boerdery in die Leeu-Gamka distrik in die sentrale Karoo van die Weskaap, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Bestuurder om die Boerdery onafhanklik, winsgewend, koste-effektief en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud (vereiste), het 'n tersiêre landboukwalifikasie (aanbeveel) met 5 - 10 jaar bewese ondervinding in spilpunt-, micro- en drupbesproeiing (bestuur/operasie/onderhoud), die produksiesiklus van uiesaad en lusern met werkende kennis in alle aspekte van veekuddebestuur (beeste en skape).

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou sterk probleemoplossing en foutopsporing, akkuraatheid, rekordhouding en beplanning, selfstandigheid, betroubaarheid en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Sleutelverantwoordelikhede

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur van daaglikse bedrywighede
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Voorraadbeheer
  • Besproeiingbestuur
    • optimalisering van besproeiingstelsels om doeltreffende waterbenutting, betroubare werking en konsekwente optimale gewasprestasie te verseker in lyn met die plaas se produksie-, water- en kostedoelwitte
    • beplanning en skedulering van besproeiing
    • operasionelebestuur
    • onderhoud en herstelwerk
    • identifiseer en herstel foute
    • bestuur onderdele, voorraad en gereedskap, en hou rekord van vervangings en dienswerk
  • Veekuddebestuur (beeste en skape)
    • dieregesondheid
    • weidingsbestuur
    • reproduksiebestuur
    • monitor getalle en kondisie
  • Produksiesiklus van uiesaad en lusern
  • Plaasnetheid en -veiligheid
  • Algemene instandhouding

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wie gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: April/Mei 2026

Aansoeke sluit: 8 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, water, elektrisiteit, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur diè skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp