Plaasbestuurder: Inheemse Veldbokke en Aangeplante Weiding
Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery aan die rand van die platorand van Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Boerdery se Bokkudde winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het Matriek met 5 - 10 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Bokkudde (Stoet en Kommersieël) of Skaapkudde, is meganies sterk aangelê en het goeie werkende kennis van die produksiesiklus van eragrostis (oulandsgras)
Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Algehele Kuddebestuur
- Dieregesondheid
- Weidingsbestuur
- Reproduksiebestuur
- Lammerbestuur
- Monitor getalle
- Produksiesilklus van Eragrostis
- Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
- Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
- Handel take doeltreffend en netjies af
- Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
- Algemene instandhouding
- Akkurate rekordhouding en administrasie
- Brandbestuur en -voorkoming
- Ander pligte soos bepaal deur die Eienaar van tyd tot tyd
Weens die afgeleë ligging van die Plaas kan dit vir Ouers met skoolgaande kinders 'n uitdaging wees
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Sluitingsdatum: 15 Desember 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar