Plaasbestuurder: Braaikuikens

Plaasbestuurder: Braaikuikens picture

Ons kliënt, ‘n  dinamiese Gemengde Boerdery in die Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na ‘n veelsydige, ervare en kundige Plaasbestuurder om die Braaikuiken Afdeling van die Boerdery optimaal, winsgewend, volhoubaar en koste-effektief te bestuur.

Ons is opsoek na 'n Algemene Plaasbestuurder met 'n sterk eienaarskapmentaliteit, en is die ideale kandidaat getroud, met 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar se eerstehandse ondervinding in Gemengde Boerdery met werkende kennis en ervaring in die Produksiesiklus van Braaikuikens (aanbeveel).

Bogenoemde gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, uitstekende menseverhoudings en leierseienskappe, goeie kommunikasievermoë, dryfkrag en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van die strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Effektiewe beplanning
  • Produksiebestuur van Braaikuikens
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortaliteitbestuur
    • Produksiebestuur
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene administrasie
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -beheer
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Enige ander pligte soos van Eienaar verwag van tyd-tot-tyd.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2024

Aansoeke sluit: 30 Maart 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus per siklus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp