Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Tosca distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, energieke en raakvat Plaasbestuurder om die Eienaar by te staan om die Wildafdeling (Teel en Jag), Lodge, Beeskudde, Onderhoud en Instandhouding van die Boerdery koste-effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die hooffokus van die Pos sal wees om die Boerdery se daaglikse operasionele bedrywighede te bestuur, maar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om betrokke te wees by die Wildafdeling en Beeskudde soos en wanneer nodig.

Die ideale kandidaat het 'n gepaste Tersiêre Kwalifikasie, is sterk meganies/tegnies, meer as 5 jaar se ervaring in Algemene Onderhoud en Instandhouding binne die Lodge en Reservaat Bedryf met werkende kennis van Beeswerk (aanbeveel) en is 'n gesertifiseerde Professionele Jagter met uitstekende menseverhoudinge en pynlik netjies op self en werk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasie- en beplanningsvermoë, uitstekende leierseienskappe met die vermoë om pro-aktief op te tree met 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die daaglikse bedrywighede
  • Herstel, diens en instandhouding van plaasvoertuie, -implemente en -toerusting
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Voer en instandhouding van Wild
  • Algemene instandhouding en herstel van Infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take deur Eienaar verlang van tyd tot tyd.

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik, netjies en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit:  28 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp