Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) 5 - 10 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van somergewassse (mielies en soja op droëland) met goeie werkende kennis van Beeskuddebestuur wie meganies sterk aangelê.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implimentering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die totale produksiesiklus van gewasse
  • Bereiking van optimale produksie
  • Beeskuddebestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene instandhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Administrasie en rekordhouding
  • Voorraadbeheer en aankopebestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 September 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising (nie op die Plaas nie) en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp