Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare, energieke en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van Somergewassse en goeie werkende kennis van Beeskuddebestuur wie meganies sterk aangelê.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 21 November 2025
Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar