Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Schweizer Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van Somergewassse (mielies, sonneblom en soja op droëland), werkende kennis van Skaap- en Beeskuddebestuur en is meganies sterk aangelê.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Totale produksiesiklus van mielies, sonneblom en soja op droëland
    • Voorbereiding van lande
    • Aanplant van gewasse
    • Monitering en bestuur van aangeplante gewasse
    • Onkruidbeheer
    • Stroop van gewasse
  • Bees- en Skaapuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Voeding
    • Reproduksie
  • Rekordhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene instandhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Bereiking van optimale produksie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Administrasie
  • Voorraadbeheer en aankopebestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 19 Januarie 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp